Justin Trudeau | |
![]() Justin Trudeau in 2025 | |
23ste Eerste Minister van Kanada
| |
Ampstermyn 4 November 2015 – 14 Maart 2025 | |
Vise | Chrystia Freeland |
---|---|
Monarg | Elizabeth II Charles III |
Goewerneur-generaal | David Johnston (2010–2017) Julie Payette (2017–2021) Mary Simon (2021–hede) |
Voorafgegaan deur | Stephen Harper |
Opgevolg deur | Mark Carney |
Minister van Regeringsake en Jeug
| |
Ampstermyn 4 November 2015 – 18 Julie 2018 | |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Denis Lebel (Regeringsake) |
Opgevolg deur | Dominic LeBlanc |
Leier van die Liberale Party
| |
Ampstermyn 14 April 2013 – 9 Maart 2025 | |
Voorafgegaan deur | Bob Rae (interim) |
Opgevolg deur | Mark Carney |
Afgevaardigde in die Federale Parlement van Kanada vir Papineau
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 Oktober 2008 | |
Voorafgegaan deur | Vivian Barbot |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 25 Desember 1971 Ottawa, Ontario, Kanada |
Politieke party | Liberale Party |
Ouers | Pierre Trudeau (vader) Margaret Sinclair (moeder) |
Eggenoot/-note | Sophie Grégoire (2005–2023) |
Kind(ers) | Xavier Ella-Grace Margaret Hadrien |
Alma mater | McGill-universiteit, Montreal Universiteit van Brits-Columbië Universiteit van Montreal |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening | ![]() |
Justin Pierre James Trudeau (gebore 25 Desember 1971 in Ottawa) is 'n Kanadese politikus wat as die 23ste eerste minister van dié land ná die Liberale Party se oorwinning in die algemene federale verkiesing op 19 Oktober 2015 tot 14 Maart 2025 gedien het. Ná sy inswering is hy op een na die jongste premier in die geskiedenis van Kanada (die jongste eerste minister ooit was Joe Clark) en die eerste seun van 'n vorige premier wat dié amp beklee.[1]
Justin Trudeau is die oudste seun van wyle Pierre Trudeau, die 15de premier van Kanada, en sy vrou Margaret Trudeau.